Skip to product information
1 of 1

Pa's In Aksie Ledegeld 2027

Pa's In Aksie Ledegeld 2027

Ons nooi alle Pa’s van Fairland om deel te vorm van die dinamiese beweging.Hier vorm ons sterk bande om as pa’s mekaar by te staan en ook mekaar te help as hoof van die huis.

Regular price R 550.00 ZAR
Regular price Sale price R 550.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.

Word deel van Pa's in Aksie Fairland – 2027!

Pa's in Aksie is 'n klub vir pa's wat saam wil staan, saam wil kuier en saam 'n verskil wil maak in ons kinders en ons skool se lewe. Hier leer jy ander pa's ken, bou jy vriendskappe en help jy om onvergeetlike herinneringe vir ons kinders te skep.

Wat kry jy as lid?
- Jy is amptelik deel van die Pa's in Aksie-Klub vir 2027
- Uitnodigings na ons klubvergaderings en klubbraaie deur die jaar
- Eerste nuus oor ons geleenthede, soos die Pa & Dogter-dans, Ma & Seun-aand, gholfdag, pa-en-seun-kamp en meer
- 'n Stem in hoe die klub sy jaar beplan en waarheen ons fondse gaan
- Die kans om saam met ander pa's 'n tasbare verskil by die skool te maak

Wie kan aansluit?
Enige pa wat deel is, of deel was, van Laerskool Fairland, of jy nou 'n pa van seuns, 'n pa van dogters of van albei is. Ook pa's uit ons gemeenskap wat graag deel wil wees van iets goeds, is welkom.
Jy hoef nie 'n kind in die skool te hê om in aksie te kom nie. Kom word deel!

Lidmaatskap-besonderhede
- Tydperk: 1 Januarie 2027 tot 31 Desember 2027
- Prys: R550 per lid
- Een lidmaatskap per pa

View full details